← Table of contents
Gedigte

WIE IN GLASHUISE WOON.

Reading edition

Bommelbij, bommelbij met jouw wit bandolier, Met jouw vlerke wat blits in die sonlig en gons En jouw swartpak, verguld met die blomme se dons, Wat beteken jouw singe en wat maak jij hier? Maar die bommelbij werk, of ek vra en of nie, Natuurlik, ek weet hij hoor nie naar mij En laat mij gevra en gepeuter opsij, Maar dis mos wat deurgaan vir poësie. Mij siel is so wijd als die oseaan, En grootse gedagtes die woel daarin om, Te groot vir woorde, mij Muse is stom, Want waar haal sij sulke woorde vandaan? Ja, modder kan jij met jouw vingers nie vat, Diamante is klein en gereëld van bouw Als jouw oë maar reg is—Ek vra vir jou, Hoe moet ek die ruim van ’n siel dan skat? Dis newels, net newels wat warrel en vlie, En ek is misskien nog agter die vlug Van ou Tijd, en ken die boom bij sij vrug— Maar dis wat nou deurgaan vir poësie.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings