← Table of contents
Gedigte

DIE BEELD VAN OOM PAUL.

Reading edition

Grouw in die maanlig rijs die swaar kolos, Oorheers die jong geboomte aan sij voet, Waardeur die aandwind huiwrig klaënd spoed, En rustloos, als van geeste, sug die bos. Die maan maak daar ’n glimlig op sij wang, Wat in die skemer lijk als nat betraan; Hij peins oor jonggestorwe hoop, die waan Van volkwees, peins oor volkswee en oor dwang. Voor sij gesig daar strek die doderijk, Waar al sij tijd- en strijdgenote rus, En aandwind saggies oor die slapers strijk. Wit-deinsrig skijn die maan oor stene alom.... En grillig die verlede wat daar kijk Op ’n gewese Afrikanerdom. (Met vergunning van „De Burger”).

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings