← Table of contents
Gedigte

DIE BLOMME.

Reading edition

Dis blomme langs die paadjies En blomme bij die wal, Dis blomme net waar ek kan kijk, Dis bontheid oweral. Die rooies wenk die luidste, Viooltjies knik gedwee, Die wind ontlok die soetste geur En wieg die blommesee. En waarom wenk die blomme so, En waarom sprei hul geure wijd? Die bij kom oor die tuin gesoem, Hij suig hul heuning uit. Dit ritsel langs die gange, Dit trippel oor die pad. Nou waarom was die sij gespin, Die kant en ’k weet nie wat? Die oë kijk brutaal uit En anders luik gedwee— Cupido sweef van blom tot blom En breng sij pijle mee.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings