AAN M—.
Reading edition
Hier in ’n wereld waar dit jaag en stoei En waar dit strijd is vir ’n bloot bestaan, Is dit net jij, van alle sorg ontdaan, Wat kalm voortleef, soos ’n broeiplant groei. Die trotse orchidie, één blommevonk Straal louter lig en ken tog geen gebruik, Net soos ’n pouw sij strome kleur ontpluik En sidderend van weelde statig pronk. Die aarde vate wat ons almaal weet Het hul gebruik, maar nie die diamant Wat doelloos, dartel skitter aan jouw hand En net soos jij, wat droewig is vergeet.