← Table of contents
Gedigte

DIE KUS.

Reading edition

Die lag het in haar oë nog gedans En pêrelend geskemer oor haar mond, Toe ek iets leuks vertel het; maar terstond Verdwijn dit toe mij sinne, deur die glans Verblind, verbijsterd uitroep: God, jij ’s skoon! Sij staar mij ernstig sonder blose aan, En weer nie, daar ek arme om haar slaan; Maar wonder was die wee wat in haar oë woon: En gloeiend was die lippe, wat ek dring Aan lippe marmerkoud, so liefdeloos Die lied sterf uit mij hart..... Die bosse sing, Die awend ginds daar aan die kimme bloos, Bied warme liefd’ vir sonnekoestering En in heur hartstog juig sij wonderroos.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings