← Table of contents
Gedigte

I. MANIA BLASPHEMATORIA.

Reading edition

Daarbo sit die Gode en feesvier Met nektar en ambrosijn, En Zeus en Apol, met ’n hees lier, Stoot aan met die ou Juppijn: Verroes nou is Ceres haar sikkel Minerva die mijmer en gaap, In die arme van Venus gewikkel Lê Allah en slaap. Net Mars word vermis uit die howe, Waar vreugd word ontvang en gegee: Van die wereld stijg klanke naar bowe, Die geween van ’n mensdom in wee. Nou klink dit nog weeër, maar weker: „Geef redding, geef uitkoms o Here!” In antwoord klink beker aan beker: „Musiek van die sfere!” Soos ’n perkament rol skroei die hemel En die son word gedoof, en die maan Kijk siek op ’n magtig gewemel, Waar dit volke aan volke staan; Star en wijdogig van wonder En stil staan dit, skare aan skaar, En verbluf staan die Gode daaronder Op hul regters te staar. En nou word die boeke geopen, Wat getuie, hoe eeuw na eeuw Die aarde in bloed was gedoop en Verniet naar die Gode geskreeuw: Voorbestemming het almaal gebonde, Door omgewing was ieder vervoer— Dan verg dit nog lof uit die monde Van Belg of van Boer. Star, als wijdogig van wonder, Staan die regters daar, rij aan rij, En die heersers die sidder daaronder, Kan die blik van triljoene nie lij, Smeek beskerming van heuwels en storme, Van ’n wereld, wat weier te dra, En wroeg in die slijk soals worme En vlei om gena.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings