← Table of contents
Gedigte

BIEBLEBOM SE BERGE.

Reading edition

„In Bieblebom se berge.....” Die trein ratel voort deur die nag. Die kindjie kijk uit, wat die trein tog so fluit, Sien die sterre so vriendelik lag Aan die voet van die troon, waar Moeder nou woon. Sal hij nou vir Vader ’ns terge? Want die tijd val so lang; dan troos Vaders gesang: „In Bieblebom se berge Woon Bieblebom se mense.....” „In Bieblebom se berge.....” Die gesiggie druk plat teen die ruit: Kijk hoe fraai die geflonker daar snij deur die donker En ligstrepe volg die gefluit! Hij kijk laggend omhoog, sien die traan in die oog Van Vader, die dit wil verberge; Val die tijd hom te lang, dan troos Vaders gesang: „Wei Bieblebom se skape, Woon Bieblebom se mense.....”

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings