← Table of contents
Gedigte

DIE ONFINALIST.

Reading edition

Nou is dit ek wat haar aandag boei, Haar gedagtes toets, haar denkbeelde snoei, Dis ek, om wie sij haar nou bemoei; Wat die toekoms bring, weet g’neen. ’n Ander, misskien, sal mij liefde deel, Mij gedagtes neem, mij denkbeelde steel, Met die denkbeeld, misskien, van mij liefde speel: Nou is dit mij alles een. In die hede leef en beweeg ek mij; Laat die toekoms slegs wees waarin ek lij, Als Jouw toekoms maar altijd toekomstig blij, Hou die toekoms ook alle geween.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings