DIE AFGROND ROEP UIT TOT DIE AFGROND.
Reading edition
Die afgrond roep uit tot die afgrond, Met geruis van Gods watergote; Als dit donder, dan dawer die bulte In hul beurtsang op reusenote; Na die reenvlaag dan sing triomferend Die moeras daaronder, Haar slijkrig gepeupel weerkerend, Bespottend die donder. Na die val van ons vege aartsvader, Hou ons, hoe aan weedom verknog, Van die vuur van die Gode een vonkie In ons are—die liefdestog. Kijk, die bij is die band van gemeenskap Tussen gaarde en gaarde: Selfs die blits voel alleen in die wolke En paar met die aarde. Die afgrond roep uit tot die afgrond, Met geruis van Gods watergote, En die wilker wat sug voor die reenstorm Sing saggies verlangende note: Die hede roep uit tot die hede In smagtende kore Uit die echo’s rijs blijste gebede Vir geslagte van more. (Met vergunning van „De Burger”).