AAN MIJ MOEDER.
Reading edition
Als ek die seeskulp vashou teen mij oor Ver van die kus, hier op ons wijë land Dan kan ek gruis en golwe op die sand En al die onrus van die winde hoor. Maar al die woeste onrus is gesmoor En suisend tril dit ritmies oor die band Wat kroos en moeder bind, net soos ’n hand, Wat saggies langgeruste snare stoor: So doem daar uit mij vage dromerijk Die wese van mij moeder, reeds oorlee, Voor dat haar beeltnis in mij hart kon prijk. Al naar die oggenddroom mij siel ontwijk Oorstelp mij gees ’n wrede, wilde see Van ideale, dood, oordek met slijk.