„’N SPEELTONEEL”.
Reading edition
Ag, moet hul nie stoor nie, laat jouw voetstap nie hoor nie, Kom ons hulle oor die laning beloer. Kan jij mooiers verlang dan die kindergesang En die geestige, malle rumoer? Met ’n blaar in sij hand staat die predikant, Lees daaruit die formulier voor Waarmee hij hul trouw, daar word huise gebouw, Die gelag onder werke gesmoor. Nou word daar gedoop, dan weer suiker verkoop Vir blikkies en skerfies en blare, ’n Flouwe gelawe, ’n kuiken begrawe Met luide en droewe gebare. Kon ons maar soos hulle die wereld verag En spot met sij wel of sij wee; Of die wereld al frons—daar klink hul gelag En die wereld lag hoofdskuddend mee!