← Table of contents
Gedigte

LACRIMAE RERUM.

Reading edition

Doop jij jouw pen net in westergloor, Verag jij die grond so met trane deurtrap? Jouw skrif sal vergaan soos die kleure daar smoor, Soos ’n lae gepeupel die hande klap. Doop jij jouw pen in ’n mensehart, Skrijf jij jouw skrif met ’n siel wat wroeg? Jouw woord sal bestaan wijl ’n menseoog Bij ’n mensesmart ’n traan kan voeg.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings