← Table of contents
Gedigte

EN ALLES WORD JOU TOEGEWORPE?

Reading edition

Op sij troon sit die simpele koning van Frankrijk en lag Met wijdblouwe oë, so leeg soos die van ’n kind, Toe hoor hij iets dreun soos die see; en met skrik kom sij wag Vertel van ’n magtig gejubel, gedra op die wind: „Hoër, hoër Op jul skilde, Hef Pepijn die Korte hoër, Geef ’n held vir ons tot koning, Die kan heers in fees of veld! Luider, vrijer Galm ons juigkreet, Laat die heidenvorste sidder, Nou het ons ’n held tot heerser: Christus preek ons met geweld!” Maar in sij paleis sit ’n simpele koning en glimlag En sij oë was blouw en onskuldig, soos die van ’n kind; Hij sit daar en droom van Madonnas, en wat of die wag Kom vertel van ’n magtig gejubel gedra op die wind?

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings