IN DIE LIG VAN DIE MAAN.
Reading edition
Dis alles weelde: die wereld swijg En baai in die aandlug en lig van die maan; Net die water beweeg, als die windjie neig En die skijn-sterre dans en lag mij aan En verbreek op die water en vonkel en staan. Dis pure weelde: die aandblom is swaar Op die oë van die nag; die hemel is blouw En die maan kus vonke van goud uit jouw haar, Wat saggies bewegende skouers omvouw, Terwijl ek betowerd, aanbiddend aanskouw.