TER GEDAGTENIS VAN IMMELMANN.
Reading edition
Is Icarus gevalle, waarom huil die wind so sag? Waarom strooi die meerminkore perels neer? Hoor jij nie daar’s geen gelispel, net ’n droewe golweslag En die nautilus pluik nou g’n purper meer. Is Icarus gevalle in die vreemde, ver van huis, Waar ons eie bulte nooit sij graf sal merk, Maar in beddings van korale waar die skulpe ewig ruis, Sij hoof geskraag op ’n gewrakte vlerk? Is Icarus gevalle? Ja, hij kon ’n laë swerk Nooit vir sij hoë moed genoegsaam vind, En stijgend steeds van kreits tot kreits met kloek gespanne vlerk Trotseer hij altijd wakker weer en wind, Tot sfere waar die vrijheids son sij strale nijdig hef Met wimpers in die weste rooi omkrans, Toe word meteens sij wieke met Apol s’n pijl getref, Virseker was die val met sterreglans. Ja, Icarus gevalle! maar hij wou g’n slaaf meer leef, Net wie nooit wil stijg kan moeilik immer val, Strooi blomme oor die water, laat die maagde kransies weef, Wijl die water droewig weeklaag teen die wal. Ja, Icarus gevalle! Maar solang die winde suis, Solang die seeskulp fluister van die see, Sal vertel word van die ridder wat gevel is ver van huis, Vir vrijheid en vir glorie, lang gelee!