← Table of contents
Gedigte

AAN „MADONNA”.

Reading edition

Ek ken ’n woud waar orchidieë straal Soos sterre in ’n bij-besogte dal, En lisplend sing ’n lome waterval Tot slaap soos wierook op die bosse daal. Dan kom die Feeë-koningin, gedra Van droomgewiekte rosse, wit soos melk En swaar wieg elke orchidieëkelk, Belaai met elwe-klosse om haar wa. Daar dring ’n stoet van ridders om haar heen En bied in diamante bekers wijn, Wat in die halflig vonkel soos robijn, Bied op geboë knieë, een vir een. En deur die dromme van die dartel stoet Dring daar ’n beedlaar wat sij hoof laat hang, En bied haar in ’n bloemkelk opgevang, Diepbuigend, wat hij het—sij hartebloed. ’n Oomblik speel ’n glimlag, soos die maan Deur wolke skemer, oor haar rosemond Terwijl sij vreugde uitstort in die rond; Sij kon die dure gawe nie verstaan, Maar in die woud waar orchidieë straal Soos sterre, in die bij-gesuste dal, Ruis lispelend ’n lome waterval Tot slaap vir ewig op die bosse daal.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings