DIE SLEUTEL.
Reading edition
Hoe het ek al die jare van mij lewe So blindlings deur die wereld heengeloop! Soos alles was, was dit, en hoop Het nooit met vrees gemeng mij siel deurbewe. Van liefde in mij troon is daar verhewe ’n Leiddraad, wat deur al mij lewe loop, ’n IJwer, wat mij siel in vlamme doop En aan mij blootlê wette van bestaan en snewe. Uit die natuur se bors, so diep daarbinne, Die volgeheime voel ek nou, die spil Waarom die heelal sig draai, verruk mij sinne. Dit sweef deur die natuur, moet overwinne, Verdring all’ boosheid naar die verste kil: Want liefdes loon is net die vreug van minne.