← Table of contents
Gedigte

II. BERUSTING.

Reading edition

(Gods Orgel.)

Waar newelstelsels wereld word, Waar keisers en kwepers rijp en val, Waar die voorhoof van kranse bepereld word Met valle en kleure, oweral, Selfs waar Armageddon sij kake rek En volkere weg uit die wereld spuw Is wet, en van uit sij druipende muil Klink ’n ijsere simfonie. En dood en lewe—dis alles reg, En liefde is wet: en ek voel tevree, Want wie sal ons twis met God besleg? En alles ruis in die ritme mee. Dit donder langs die sterrebaan En sonnestelsels antwoord weer, Dit ruis in die seepad van die maan En lispel oor die meer.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings