HERDENKING.
Reading edition
(Net ’n pakkie briewe).
Soos die geure van somernagte Mij laat denk aan ek weet nie wat, Lang gelee, in mij diepste gedagte Soos ’n mens in die donker vat; Soos ’n ou, ou lied vol verlange Naar iets vaag en ver; Soos die echo’s van sagte gesange Sweef omher; So stijg daar ’n geur uit die briewe, Laat mij denk aan ek weet nie wat, Hoe die ridders van ouds ongeriewe ’t Oorkom en deurstaan vir hul skat; Hulle’s weg.... maar ’n wilde verlange Naar iets vaag en ver Blijf bij ons, en die soetste gesange Sweef omher. (Met vergunning van „De Burger”).