MADONNA-DIENS.
Reading edition
Dit is ’n nag, die opstandig van drome, En ons ontwaak uit slaap, wat ons rede noem, En agter uit die skemer, uit die some, Waar Digting Waarheid raak, kom opgedoem Diana van die jag; die Mingodin, Godinne vroeg aanbid; Want Liefd’ moes lewe gee, die jag dit win: Offers en kranse wit Het altijd die altare van die twee getooi, Geskenk van Jeugd wat sug naar roem, Of skugter nooi. Die vrouwlikheid trek ons virewig aan.— Die Dondergod en Mars moes altwee swig, Al het die Prins van Vrede vir ons voldaan, Te luister was sij lig: Madonna moes vereer word, Moedermaagd, Haar slape moes bekrans met die kleurkring van die maan, En deur die glorie van ’n grote God versaagd Soek mens wat menslik is en bid Haar aan, Bepeins haar pijn, haar wereldgrote smart En weedom vir haar wig, Haar moederhart. Die Eeuw is haastig, Liefste, maak gebaar En in ons tijd van rede en ongeloof, Verdeelde doele en twijfel, val ’n skaar Van vrae ons aan en wil ons rus beroof. Die lug is swoel daarbuite, swijgend swaar Van stroperige walm uit blommekelk, Die kriek sing lente en die padde-skaar Weergalm en swijg, die meibos, wit soos melk Skijn in die maanlig wat in strome rus Op die lente wat daar lok. Soos hare van ’n vrouw wat saggies sus En sing, haar kroos omkrans, So druip die wilkertakkies loom en slank en glans Soos silwergaas of elwerok En rus.