DIE VERHUISING VAN CUPIDO.
Reading edition
Cupido het eers vrij rondgedwaal Met sij boog en sij skigtebos, Behoudens ’n lintjie, wat krul, maar skraal In ’n Adamspak gedos. Maar die Cherubijne mis hom nou; Ag, die sede vervel met die tijd! In die kas lê sij vleugeltjies opgevouw, En nijwer regeer nou en nijd. Sij guitige streke het hij laat staan, Laat met rus nou die pare in die park; ’n Hardedop kijl en manel het hij aan— Hij ’t verhuis naar die aandeelmark!