RIT-RIJMPIE.
Reading edition
Die koeëls die blits, dat die klippe so brand— Hoera vir die reuk van ’n roer!— Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek, Help bewaar ou Transvaal vir die Boer! „’n Uur nog, net ene”—’n uur van die hel!— „Als ons maar die nek kan hou, Dan is ons kommando die drif veilig deur!” En hij bid sonder handegevouw! Wild en wijd, wild en wijd, Gee die perde maar teuel en spoor; Jij hoor net daaronder die hoewegedonder, En hierbo fluit die koeëls langs jouw oor. Daar hinnik ’n liddiet, rijperd van die Dood Blits hemel en aarde dooreen; Die stof wijk—die mense ’s die drif veilig deur— Bij Jan Pieterse leef nog net een. „Ons trap!” kommandeer hij. Wild en wijd Gee hul perde maar teuel en spoor; Hij hoor net daaronder die hoewegedonder En ’n skreeuw—hij ’s allenig nou oor. Trug nou, trug deur die vlaag van lood, Sij maat kan hij daar niet laat blij! Al om hom daar gons dit die lied van die dood, Waar sij sikkel al snerpende snij. Met die wonde man dwars oor sij saalboom geleg Gaat hij stadig en stappende heen, Geen teken van haas, hij rij peinsende voort Op ’n stap deur die koeël-gereen. „Laat staan, hij’s ’n held—‚Three cheers’ vir die Boer!” Sê die Engelsman, hees in die keel. Die bulte weerklink met vier harde hoera’s, En die lug word met helmette geel! Jan Pieterse draai hom sij vijande toe En wuif hulle dank met sij hoed; Al stappend verdwijn hij op die horison daar In ’n raam van die westergloed. So hoera, vir die klank van stiebeuel en spoor En hoera, vir die reuk van ’n roer! God behoede ons veld van die vreemde geweld En bewaar ons ou land vir die Boer.