ARKADIE.
Reading edition
Soek die fontein van jeug, wat ewig duur, Nie oor die see, in lande onbesog, Daar waar natuur in klank en kleure spog; Selfs daar kom dood en storm en winde guur. Gewelwe anders nooit dan reinste asuur Oordek die ewig groen van Dramaland, En altijd frisse feeë, hand aan hand, Speel dartel rond—Dis kort van duur, Maar wat daarvan? Geen seepbal, kleuromvouw, Breek ligter dan die lewensideaal Met diepverbete sugte opgebouw. Soek hier waar liefde sonder nasmaak, vrij Van franke wroeging en gelag betaal, In lome prinse blaak wat kuddes wei.