TWEE EN EEN.
Reading edition
Voor die „ek” nog bestaat Word gesug en gesorg, Verwagting met vreug word ontvange in wee; Wat al is, word vir hoop In die toekoms geborg, Want die lewe is een, en die wil is vir twee. Lippies so lokkend En blosse so sag, Verleilik die ogies nou, dan weer verlee; Dis nog skaars in die lewe, Nog skaars uit die nag— Maar die lewe is een, en die wil is vir twee. Naar die kerk gaat dit hijgend En wiegend en swaar, Teen die boesem verlep moet die bijbeltjie leen; Met vuur word gebid En gevlei—Ja dis waar, Die lus is vir meer, maar die lewe’s net een.