HAALWIT GESTAPELDE WOLKE.
Reading edition
Die haalwit gestapelde wolke, Paleis van die winde gebouw! Hoe sou ek hul heimnis vertolke En saggies dit fluister vir jou? Verguld steek die domme nog witter Af teen die velde van blouw Soos jouw oë, en perlemoer skitter Soos douw. Sal ek fluister? Ons rijk in die weste Word van sieraad ontbloot; Die winde verstrooi nou ons veste, Selfs wijsheid moet dood; Maar wijl lippe op lippe kan bewe, Bied mij jouw mond, Lief, bied nou, Eer ons gloed, eer ons hartstog begewe, Soos paleise van winde gebouw.