← Table of contents
Dingaansdag

LXXI.

Reading edition

Kom dra wat oorbly van die man, En lê dit in sy graf alleen— En gee jou rustyd as jy kan, Totdat die tyd van droefnis speen. Sê: „Hy het mart’laar hier gespeel; As held sy land en volk geëer— En ek, en wat ek het, kan deel In roem waarop die toekoms teer.” Maar weet: Herinnering stok-alleen Doen land nòg nasie blywend goed! Oorerfde roem is regtig seën, En ryke skat is heldebloed: Navolging van die voorbeeld wag Op louter eer en lofgeskal; Bid om dieselfde mart’laarskrag In tyd van struikel en verval. Roem, soos jy moet, die marteldaad; Eer, soos jy moet, die heldedood— Maar sorge dat jy nooit versmaad Die voorbeeld in die dag van nood.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings