← Table of contents
Dingaansdag

LXI.

Reading edition

Nader die lig van die Dood, wat die oë laat fonkel In ’n laaste geglim eer die lig van die lewe verdwyn— Net soos die skyn Van die sinkende son op die see as sy goudstrale kronkel Oor rollende golwe en branders wat strand-toe lei, Oorskuimend om sag op die sand hulle lykbed te kry; Net soos die vuurstraal daarbo—waar die ster, as hy gly, Saggies verglip van sy hemelse anker, verdwaal Voordat hy aarde bereik as hy aarde-toe daal— Goudglans en skitter en weelde kry.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings