← Table of contents
Dingaansdag

XII.

Reading edition

Hy wat alléén ’n deurtog soek Waar nog geen mens se voetstap was, Voortsukkelend met sy eie las, Beroof van hulp, deur hoop gevloek; Wat skimp nòg swaar verdrukking my En werk nòg harte-smarte spaar Om in sy skure jaar ná jaar Die stadig-rypende oes te kry; Wat, waar die sterre oor hom skyn Snags in die stille duister-groen, Volhardingsvol sy arbeid doen As hoop op seë kleiner kwyn, En, met die sterre van die nag Getuie van sy lydenswee, Sy siel en wat hy liefhet, gee Vir alles wat hy heilig ag— Net soos in middeleeuse tyd Die kloostermonnik wank’lend staan, Nog onbeslis om voort te gaan Met smartvol, angstige sielestryd: Daar lok die wêreld met sy prag Wat hom wat seëvier, bekrans Met roem, met rykdom, en met glans En op die kloeke vegter wag, En daar hang Hy wat boontoe wys En bowe aardse rykdom troon, Die Heiland met die doringkroon, Wat driemaal heilig eerbied eis— Hy sal vergelding ryklik smaak In ruime mate in sy hart, Want lang-verduurde sielesmart Is wat die sielskrag sterker maak.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings