← Table of contents
Dingaansdag

LVI.

Reading edition

Die koperkapel kom uit sy gat En sluip die randjie rond: „Dit het gereën; die veld is nat, En nat is die rooi-geel grond.” Die meerkat kom, en sy ogies blink, En hy staan orent en wag. En die stokou ystervark sê: „Ek dink Die reën kom weer vannag.” Maar die geitjie piep: „Dis glad nie reën! Dis klewerig, swart en rooi: Kom jy sulke reën in jou lewe teen— So glad, so styf, so mooi?” En die wyse steenuil waag sy woord: „Dis bloed, dis mensebloed! Dis lewensbloed wat hierdie oord Se bossie-wortels voed.”

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings