XXX.
Reading edition
Nee huil maar, want die droefnis-traan Deur diepste, seerste smart gestort Raak nimmermeer verdwaal en word ’n Aalmoes wat die siel verstaan— ’n Aalmoes wat die liefde hou En wat die smartvol siel verryk— ’n Gulde God-geseënde blyk Van eerbied en van broedertrou.