← Table of contents
Dingaansdag

XXIX.

Reading edition

As my asem uit is, En my oog soos glas, My gesig soos dooie skulpe op die strand, En my lyf so koud soos druppels winterdou, Lê my op die randjie Waar die son die aalwyn groet En goeienmôre vir die suurvyblomme sê. Dek my oor met klippe— Roes-rooi klippe van die randjie, Lang verskroei deur somerhitte, Skoon gewas deur somerreën, Weer vervuil deur winterstof Met ’n laag van vuil-geel gruis. Stapel klippe op my, oor my; Maak ’n vestingwerk daarvan, Waar die wapad-sand kan skuil kry As die warrelwind hom slaan; Waar die bossie-saad beskut word Tot die kiemtyd—as dit kom.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings