← Table of contents
Dingaansdag

LVII.

Reading edition

Nie vir hom ’n graf te win, Nie vir hom ’n kis te kry! Spinnerak oor die grond gespin Waar die môreson na vry, Deur die oggenddou bemin, Met ys-pêrels aangery— Dis die lykkleed wat hy win, Hy wat nooit ’n kis sal kry. Soos ’n stokou steenbok sterwe, Eensaam op die veld alleen, As die son die vlakte verwe Ná die reine somerreën— Sal hy so sy dood beërwe As die laaste liefdeseën? Is sy lot so uitgekerwe Deur die Noodlot, lang voorheen? Of is syne harder einde, Blits-bestraal—met donderdreun? Ting’rig, brok’lig, smart-verfynde Lewe wat versink in kreun, Soos ’n warrelwind-gepynde Lelie wat sy kop moet leun, En sy alte lang verkwynde Mooiheid opgee sonder steun? Graf nòg kelder uitgekerwe Dek die helde waar hul slaap; Stofkleed van die wind geërwe Is hul lykkleed waar hul slaap— Stof van dit, hul eie wêreld, Kanaan waar hul nooit sal bly, Bloedstof wat hom in hul sluimer As ’n sluier oor hul sprei.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings