← Table of contents
Dingaansdag

XLII.

Reading edition

Lommeryk oor die watersloot hang die wilgertak; Waggelend op die watervlak dryf die lelieblaar; Donserig in die waenhuishoek hang die spinnerak; Vreedsaam oor die ruigte-vlei stap die ooievaar; Skommelend oor die seekoegat tjilp die vinkeheer: Louter vreug hou bidstond hier waar die nessies swaai; Sedig op die plaas se werf—sedig heen en weer— Kuier, kopknik-slenterwys, in sy skik, ’n kraai.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings