XLVII.
Reading edition
Bowe in die blou-gekleurde hemel Swewe statig rond ’n arendvoël. Met sy sterk verkyker-oog spioen hy Orals, as hy bowe statig dool. En hy sien die lyke op die koppie, Rustig, stil, en weet dis lyke daar— Dooie lyke wat sy vrind die aasvoël Vóór vanaand nog kom om te vergaar.