Die Terugkeer van Jan Huygen van Linschoten.
Reading edition
[
Inhoud
]
INLEIDING.
Nieteenstaande die oorlog was die handelsbetrekkinge tussen Nederland en Spanje nie afgesny nie. Twee van Jan Huygen se broers was handelaars in Spanje, en as ’n eerste stap tot veel groter dinge kry die sestienjarige jongeling in 1579 eindelik verlof van sy ouers om na sy broers te gaan. In 1583 tree hy dan in die diens van die Portugese aartsbiskop van Goa en vergesel hom na Indië. Eers in 1592 was Van Linschoten weer terug in Lissabon, en in dieselfde jaar het hy ook sy vaderland bereik. Die vrugte van sy reise is in sy Itinerario neergelê, wat in 1595/6 verskyn het. Die invloed van hierdie werk was baie groot; dit was die wegwyser vir die Nederlanders na die Ooste. Die eerste Nederlandse vloot het wel na Indië geseil voor die verskyning van Van Linschoten se boek, maar De Houtman het kennis gedra van sy mededelinge.
Die Itinerario is deur prof. Kern vir die Linschoten-Vereniging uitgegee (1910). Ons verwys met erkentlikheid na dié deeglike uitgawe en vertrou dat onderwysers daarmee kennis sal maak, asook met die ander werke van genoemde vereniging.
In die uittreksel uit die Itinerario wat hier volg, beskryf Jan Huygen van Linschoten sy terugreis om die Kaap. Hy gee ons ’n treffende indruk van die ontsettende moeilikhede en gevare wat die skepelinge destyds aan die Suid-Afrikaanse kus moes verduur. Belangrik is ook die onthulling wat hierin voorkom, van die swakhede van die Portugese skeepvaart. Van Linschoten kan sy minagting vir die Portugese, wat hulle skepe sleg voorsien en dan in ’n storm, as daar geen orige tou is nie, op hulle knieë hulp by die Heilige Maag en die „Santen” soek, nie verberg nie.
Die spelling is onveranderd gelaat, maar af en toe is ’n leesteken gemoderniseer om die teks vir ongeoefendes te verduidelik. Die leek word attent gemaak op die dubbele ontkenning, en .… niet, en op ongewone samestellinge, soos b.v. betert (betere ’t), salmen (sal men), ens. Let ook op naer vir na (of naar) en die weglating van voornaamwoorde soos wij of zij in die eerste naamval.
[
Inhoud
]
DIE TERUGKEER VAN JAN HUYGEN VAN LINSCHOTEN.
Den 12. Meye smorgens inden dageraet, saghen wy het Eylandt van Santa Helena, ende daer was soo grooten vruecht in ’t schip als oft wy den Hemel ghesien hadden.
[
Inhoud
]