Note 18 — Die Terugkeer van Jan Huygen van Linschoten.
Reading edition
Hierdie uitdrukking is moeilik te verklaar en kom nie in aan ons bekende woordeboeke voor nie. Waarskynlik moet ons dit in verband bring met een van die betekenisse wat Du Cange (Glossarium mediae et infimae latinitatis) gee aan die woord elymosina of aalmoes, nl. geld wat betaal word om ’n mis te laat hou, ’n offerande. Die skrywer sou hier dan bedoel geld „trek” of versamel, met die belofte om later daarmee ’n spesiale mis te bekostig ter ere van een of ander Heilige. ↑