← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 37 — Die Terugkeer van Jan Huygen van Linschoten.

Reading edition

’n Beskrywing van die vergaan van hierdie skip deur Diogo do Conto, een van die skipbreukelinge, is afgedruk deur Theal in Records, II, blss. 153 vv. Die slegte toestand van die Portugese skeepvaart word ook hier aan die lig gebring. Die storme wat Van Linschoten in die Santa Cruz deurstaan het, word ook deur Do Couto beskrywe. Hy skilder die toestand van die bemanning van die Sint Thomas o.a. as volg: „Kort gesê, alles was teen hulle .…. Die hele nag het hulle in groot moeilikheid en smart deurgebring; want waar hulle ook kyk, was die dood. Onder hulle was ’n skip vol water, en oor hulle ’n donker en onheilspellende hemel. Die wind huil om hulle, asof dit dood! dood! skree; en asof die water wat van onder af instroom, nog nie genoeg was nie, dreig die reent wat op hulle neerstort, om hulle onder ’n twede sondvloed te begrawe. In die skip kon alleen gehoor word sugte en jammerklagte en smeekgebede aan God om barmhartigheid; want na dit skyn, het die sonde van sommige Sy gramskap oor almal gebring.” ↑

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings