Note 4 — Die Terugkeer van Jan Huygen van Linschoten.
Reading edition
400. mylen, d.w.s. Duitse myle. Nie te verwar met die Engelse myl nie. Die lengte blyk uit die Itinerario self. Die skip waarmee Van Linschoten geseil het, het die „nuwe koers” gekies. (Vgl. Itinerario, 2, bls. 141.) Van Cochin, wat op 10 graad noorderbreedte lê, het die reis eers gegaan „zuyd zuydoost” tot aan die ekwator, „dat zijn 150. mylen, ende van daer tot 7. graden die selfde cours, ende alsdan zuydtwest ten westen, ons cours nae die Cabo de bona Esperança toe.” Daar was dus ongeveer 15 „myle” op ’n graad, d.w.s. die „myl” waarvan hier sprake is, was ’n afstand van tussen 4½ en 5 Engelse myle. Die reis het ver oos van Madagaskar gegaan, en die hoogte van Natal is bereik toe die skip nog suidoos van die eiland was. ↑