Note 13 — Die Terugkeer van Jan Huygen van Linschoten.
Reading edition
1 Port. babock = lomperd, domoor. ↑
2 Gepubliseer in die uitgawes van die Linschoten-Vereniging, Deel II, blss. 146 vv. ↑
3 28⅔ graden, d.w.s. suiderbreedte. ↑
4 400. mylen, d.w.s. Duitse myle. Nie te verwar met die Engelse myl nie. Die lengte blyk uit die Itinerario self. Die skip waarmee Van Linschoten geseil het, het die „nuwe koers” gekies. (Vgl. Itinerario, 2, bls. 141.) Van Cochin, wat op 10 graad noorderbreedte lê, het die reis eers gegaan „zuyd zuydoost” tot aan die ekwator, „dat zijn 150. mylen, ende van daer tot 7. graden die selfde cours, ende alsdan zuydtwest ten westen, ons cours nae die Cabo de bona Esperança toe.” Daar was dus ongeveer 15 „myle” op ’n graad, d.w.s. die „myl” waarvan hier sprake is, was ’n afstand van tussen 4½ en 5 Engelse myle. Die reis het ver oos van Madagaskar gegaan, en die hoogte van Natal is bereik toe die skip nog suidoos van die eiland was. ↑
5 Natuurlik nie die juiste verklaring nie. ↑
6 Die vloot van Cabral in 1500. Hy het egter in die Atlantiese Oseaan die storm teëgekom. Bartholomeus Dias was die kaptein van een van die vier skepe wat na die kelder gegaan het. Vgl. Theal, Hist. and Ethnog. of S.A., 1, bls. 92; Danvers, The Portuguese in India, 1, blss. 65 vv. ↑
7 Port. Payraer = afwag, stil lê, of ongeveer op dieselfde plek bly deur teen die wind te laveer. Volgens ’n mededeling van mnr. J. du P. Scholtz is hierdie woord, in diezelfde betekenis en in die vorm parra, nog in gebruik by die vissers om die Kaap. ↑
8 Fock-mast = voormas. ↑
9 Ra = lang houtpaal kruisgewys aan ’n mas of ’n dwarsbalk vasgemaak en wat dien om die seile op te hou. Die groot ra is die ra aan die groot mas of middel-mas. ↑
10 Herstel, weer in orde bring. Vgl. Port. concertar. ↑
11 Grootliks. ↑
12 Slaan. Vgl. Port. ferir. ↑
13 Iets. ↑
14 Voëls wat dié naam gekry het omdat hulle op die antennaes (Port.), ra’s of dwarshoute aan die maste, gaan sit. ↑
15 Die wind teen ons. ↑
16 Strookseil, wat aan die seile kan vasgerye word om hulle te verleng of te verbreed. So ’n stukkie doek aan die hoë voorkasteel vasgemaak, was al wat die skip in die storm kon dra. ↑
17 Dek. ↑
18 Hierdie uitdrukking is moeilik te verklaar en kom nie in aan ons bekende woordeboeke voor nie. Waarskynlik moet ons dit in verband bring met een van die betekenisse wat Du Cange (Glossarium mediae et infimae latinitatis) gee aan die woord elymosina of aalmoes, nl. geld wat betaal word om ’n mis te laat hou, ’n offerande. Die skrywer sou hier dan bedoel geld „trek” of versamel, met die belofte om later daarmee ’n spesiale mis te bekostig ter ere van een of ander Heilige. ↑
19 Skeurbuik. ↑
20 Ten was altoos .… gheen. Ten = ’t En, waar en met gheen die dubbele ontkenning vorm. ↑
21 Ons bekende groot meeue met swartgepunte vlerke. ↑
22 Na die ooste toe. ↑
23 Baya de Lagoa. Die breedtegraad toon aan dat hier bedoel word die teenswoordige Algoabaai en nie, soos Kern meen, Delagoabaai nie. Algoabaai het oorspronklik Bahia da Lagoa geheet. Op kaarte van die 16de en 17de eeu word dit so aangegee. Vgl. die kaart van Perestrello (1576) (Theal, 1, bls. 318) en die Platen-Atlas van Godée-Molsbergen en Visscher, bls. 20. Waar Kern kortweg beweer dat Port. lagoa met lagune (Eng. lagoon) en nie met meer (Eng. lake) moet vertaal word, hou hy miskien nie genoeg rekening met die opvatting dat ’n uitdrukking soos Rio da Lagoa en die daaruit ontstane benaming Bahia da Lagoa (vandag Delagoabaai) moontlik in verband staan met die geloof van die Portugese dat die genoemde rivier sy oorsprong in ’n groot binnelandse meer gehad het. Vgl. Theal, 1, bls. 34. In Michaelis se New Dictionary of the Port. and Eng. Languages word lagoa ook met lake vertaal. Vgl. ook Rio da Lagoa op bls. 39. ↑
24 Sien bls. 57, aant. 1 en 2. ↑
25 Tauseren. Dit moet wees: t’aviseren = waarsku. ↑
26 Die skip word dus met die seil gestuur. ↑
27 By beurte. ↑
28 Versacht = versach ’t. ↑
29 Keuvel = kap. ↑
30 Bootsghesel = matroos; Putger, van puts-emmer, dus = skoonmaker. ↑
31 Cayro = vesels om die kokosnoot. ↑
32 Kennip (verstaan hennep) = Eng. „hemp.” ↑
33 Af = van. ↑
34 Sien inleiding. ↑
35 In die margo van die Itinerario word in kanttekeninge ’n voortlopende résumé van die werk gegee. Soms word ook ander opmerkinge ingelas, en by hierdie sin vind ons die stigtelike waarskuwing: „Leest met na dencken.” Die goeie Kalvinis praat hier. ↑
36 Planke. ↑
37 ’n Beskrywing van die vergaan van hierdie skip deur Diogo do Conto, een van die skipbreukelinge, is afgedruk deur Theal in Records, II, blss. 153 vv. Die slegte toestand van die Portugese skeepvaart word ook hier aan die lig gebring. Die storme wat Van Linschoten in die Santa Cruz deurstaan het, word ook deur Do Couto beskrywe. Hy skilder die toestand van die bemanning van die Sint Thomas o.a. as volg: „Kort gesê, alles was teen hulle .…. Die hele nag het hulle in groot moeilikheid en smart deurgebring; want waar hulle ook kyk, was die dood. Onder hulle was ’n skip vol water, en oor hulle ’n donker en onheilspellende hemel. Die wind huil om hulle, asof dit dood! dood! skree; en asof die water wat van onder af instroom, nog nie genoeg was nie, dreig die reent wat op hulle neerstort, om hulle onder ’n twede sondvloed te begrawe. In die skip kon alleen gehoor word sugte en jammerklagte en smeekgebede aan God om barmhartigheid; want na dit skyn, het die sonde van sommige Sy gramskap oor almal gebring.” ↑
38 Die graadgetal moes kleiner geword het, omdat hulle in ’n noordelike rigting, d.w.s. na die ekwator toe, geseil het. ↑
39 Vgl. Port. acommeter = om aan te pak. ↑
40 Bedevaarte. ↑
41 Sien inleiding. ↑
42 Blykbaar word albatrosse bedoel. ↑
43 Vgl. bls. 65. ↑
44 Bona viagem (Port.) = goeie reis, deur die Portugese matrose gebruik as ’n uitroep = hoerê! ↑
45 See-bamboese. ↑