Lenteliedjie.
Reading edition
Al die veld is vrolik; Al die voëltjies sing; Al die kriekies kriek daarbuite; Elke sprinkhaan spring. Al die koggelmannetjies Kom om fees te vier; Hier galop 'n goggatjie, Daarso dans 'n mier. Selfs die vissies spartel Teen die kafferskuil; In die groot ou eikeboom Droom 'n oupa-uil. Rond in ons Karooland Is 'n ruik versprei: Boegoeblom en appelkoos— Kan jy beter kry? Katjiepiering-heinings, Bont met blomme hier; Rose en sering daarnaas, Roos en angelier. Binde vir my same Katjiepiering wit, Bobejaantjies blou en bont, Rose in die lid; Varings van die klippe, Afrikaners rooi, En kalkoentjies uit die vlei— Algar is so mooi! Geel gousblomme uit die veld, Klossies uit die kuil— Sal ons ooit ons blommetjies Vir iets anders ruil? Vrolik is die wêreld, Vrolik, rant en vlei! Elke koggelmannetjie Het sy maat gekry; Elke gonsrig goggatjie Is getroud of vry: Vrolik is die wêreld hier, Vrolik veld en vlei!