Die Soutpan.
Reading edition
Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal Die see daarbuite, waar die branders breek: 'n Strand vol klippies en 'n poltjie kweek Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal. Hier praat die veld 'n onverstaanbre taal; Hier maak die son die blou soutwater bleek, Totdat hy saans vermoeid sy kop versteek Agter die duine, waar sy glans verdwaal. Hier staan die soutkors sonder vou of plooi, Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys Van modder en klei—hier dun en daar nog dig. So arm die wêreld hier, en tog so mooi: Stil, as 'n oumens amper oor sy reis En met die Dood se skadu op sy gesig.