Die Einde.
Reading edition
Gee vrede en rus vir ons almal, wat lam is van swerwe, Moed en geduld vir ons almal, wat bang is te sterwe; Gee vir ons hart soos in somer die sap vir die bome; Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome; Gee, dat ons lag, as die lewenslas druk op ons harte; Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte; Gee vrede en rus vir ons almal, wat lewe en erwe Smart en verdriet, met die reg om uiteindlik te sterwe. Gee vrede en rus; en ons vra nie iets anders, en luister Stil na die wind, wat so sag in ons ore kom fluister: "Moed, mense, hou moed! Die kwaad sal verander in goed: Die môrelig kom uit die duister."
BY ONS IS OOK TE KRY: