Note 8 — Uit P. De Neyn se „Lust-Hof der Huwelyken.”
Reading edition
Hierdie verhaal word bevestig deur die Dagregister, Ao. 1672–73, (Kaapse argief, No. 269), onder datum 29 Junie 1673, 10 Julie 1673 en volg. Die Dagregister gee egter geen besonderhede nie, o.a. geen enkele van die name van die burgers wat in die hinderlaag van die Gonjemans geval het nie. Die regering het onmiddellik ’n strafekspediesie teen die Gonjemans uitgestuur onder vaandrig Jer. Cruse en burgerluitenent Elbert Diemer. (Sien Dagregister, 11 Julie 1673). Kort ná hulle vertrek kom die tyding dat die vyandelike Hottentotte ’n nuwe moord gepleeg het en gedurende ’n aanval op die Kompanjiepos aan die Saldanhabaai hulle korporaal Dirk van der Heerengraaf, ’n soldaat en twee koloniste om die lewe gebring het. Versterkinge word nou gestuur, maar die kommando het daar nie in geslaag nie om, soos die opdrag gelui het, die „geweldinaers” met wortel en tak uit te roei, „sonder ijets dat mannelick is te verschoonen.” (Resolutie van die Politieke Raad, Kaapse Argief, 14 Julie 1673). Die vyand het ontsnap in die berge, en Jer. Cruse moes vir hom tevrede stel met die buitmaak van ’n taamlike klomp vee: 800 beeste en 900 skape. (Sien Dagregister, 25 Julie 1673). ↑