Note 20 — Uit P. De Neyn se „Lust-Hof der Huwelyken.”
Reading edition
Schacher, of Osinghkamma, of Manckhagou, ’n ander kaptein van die Kaapmans en seun van Gogosoa. In April 1672 het hy van sy kant die Kaapse distrik en Saldanhabaai aan die Kompanjie verkoop en ’n soortgelyke verbond as dié van Kuiper met die regering aangegaan. Die krale van Schacher en Kuiper was toe geleë tussen die Tygerberge en die Stink-Rivier. ↑