Note 15 — Uit P. De Neyn se „Lust-Hof der Huwelyken.”
Reading edition
Die skrywer spreek hier van die twede veldtog „teen die rebellerende Gonnema’s Africanen,” maar hy verwar klaarblyklik sekere besonderhede van die eerste een (Julie 1673) met dié van die twede (end Maart en begin April 1674). Beide ekspediesies het onder die opperbevel van vaandrig Jeronymus Cruse gestaan; maar terwyl in 1673 die burgers aangevoer was deur Elbert Diemer, is dit in 1674 Wouter Mostaert wat as burgerluitenant saamgegaan het. (Sien Dagregister, 14 Julie en 25 Julie 1673 en 26 Maart 1674.) ↑