Note 12 — Uit P. De Neyn se „Lust-Hof der Huwelyken.”
Reading edition
Nie korrek nie. Luitenant Jan Coon was aan die hoof van die klein leërmag wat op 12 Januarie 1673 onder opperbevel van kommandeur De Geus Sint-Helena van die Engelse geneem het en met 100 soldate in besit van die eiland agtergelaat is. Theal verhaal dat hy ’n paar weke daarna oorlede is. Hy kon dus in Augustus 1673 nie in die Kasteel aan die Kaap gewoon het nie. ↑