Note 14 — Monomotapa en Ofir.
Reading edition
Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taal hof beteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…