Note 10 — Monomotapa en Ofir.
Reading edition
Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.… In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…