Note 5 — Monomotapa en Ofir.
Reading edition
Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5 in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…