Note 3 — Monomotapa en Ofir.
Reading edition
Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo, vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soos Bahia da Lagoa en Rio da Lagoa3.